top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Voormalige One Direction-ster val na sy dood

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 17, 2024
1 min read

Die voormalige One Direction-ster, Liam Payne, is in die ouderdom van 31 in Argentinië oorlede nadat hy van die derde verdieping van ‘n hotel in Buenos Aires geval het. Die polisie sê in ʼn verklaring hulle het Payne se liggaam ontdek nadat noodpersoneel gereageer het op ‘n oproep in die luukse woonbuurt Palermo. Payne het wêreldwyd bekendheid verwerf as deel van die baie geliefde boyband, One Direction, wat in 2010 op die X Factor TV-program geskep is. Payne het vroeër hierdie maand die Argentinië-konsert van sy voormalige One Direction-groepmaat, Niall Horan, bygewoon.

 
 
 

Comments


bottom of page