top of page

Voormalige raadslid moet miljoene aan lotery-kommissie terugbetaal

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 19, 2025
  • 1 min read

ʼn Voormalige raadslid van die Nasionale Loterykommissie (NLK), William Elias Huma, moet meer as R21 miljoen terugbetaal wat hy en sy familie in onregmatige toelae ontvang het.

Maroela Media berig die NLK het dié verlies gely nadat twee toewysings aan organisasies sonder winsbejag vir gemeenskapsopheffingsprojekte vyf jaar gelede toegeken is. Die organisasies het noue bande met Huma gehad.

Die spesiale tribunaal het egter nou die toekenning van dié toelae onregmatig en ongeldig verklaar.

Die Spesiale Ondersoekeenheid het intussen reeds met die proses begin om die tribunaal se bevel uit te voer en die volle bedrag van Huma te verhaal.

 
 
 

Comments


bottom of page