top of page

Voorspelde reën verminder die risiko vir veldbrandverspreiding

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 9
  • 1 min read

Voorspelde reënbuie in die Vrystaat kan tot 'n aansienlik kleiner risiko vir die verspreiding van wegholveldbrande lei. Toestande is egter steeds bevorderlik hiervoor.

Die bestuurder van die Vrystaatse Sambreelbrandbeskermingsvereniging, Johann Breytenbach, sê daar was in die verlede groot probleme in vergelykbare omstandighede. Die Vrystaat beleef steeds ’n ondergemiddelde brandseisoen.

Netwerk24 berig die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het 'n geel vlak 2-waarskuwing vir vandag in die oostelike deel van die provinsie en langs die Lesotho-grens uitgereik.

'n Weervoorspeller van die SAWD in Bloemfontein, Muneiwa Singo, sê geïsoleerde en verspreide buie en donderbuie word vandeesweek vir die Vrystaat voorspel.

 
 
 

Comments


bottom of page