top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Voortdurende wateronderbrekings word in Bloemfontein verwag

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 28, 2024
  • 1 min read

Beide die Mangaung Metro Munisipaliteit en Vaal Sentraal Water werk tans aan Bloemfontein se watervoorsieningsuitdagings. Die watersuiweringsproses is onder hewige druk weens die impak van die onlangse toename in reënval. Areas wat water uit die Welbedacht Dam-stelsel ontvang, sal voortdurende toevoeronderbrekings ervaar. Gedeeltes van die Brankop-reservoir sal  tydelik gesluit wees om waterverplasing te reguleer. Areas wat moontlik, volgens 'n kennisgewing van die munisipaliteit, geaffekteer kan word, sluit in Langenhovenpark, Spitskop, Reynecke-laan, en die N1 Engen vulstasie. Die verklaring sê voorts alle waterrantsoeneringsprosesse behoort vroeg vanoggend voltooi te wees

 
 
 

Comments


bottom of page