top of page

Voorvlugtiges gaan nie in Suid-Afrika kom skuil nie

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Mar 13
  • 1 min read

Suid-Afrika is nie ‘n skuilplek vir voorvlugtiges nie. So se die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, na ‘n vermeende Mosambiekse voorvlugtige in Sandton, Johannesburg, in hegtenis geneem is. Die verdagte is glo in 2015 skuldig bevind aan moord en tot 20 jaar tronkstraf in sy tuisland gevonnis. Duisende gevangenes het verlede jaar tydens Mosambiek se na-verkiesingsonrus uit aanhouding ontsnap. Die Mosambiekse regering het ‘n beroep op die Suider-Afrika Ontwikkelingsgemeenskap lande gedoen om te help om die misdadigers vas te trek en na hul land toe terug te besorg.

 
 
 

Comments


bottom of page