Vordering word gemaak in die ontwrigting van bedrogsindikate in Binnelandse Sake
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Die Portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake sê ’n onlangse verslag van die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) toon dat vordering gemaak word om georganiseerde sindikate te ontwrig.
Die komitee sê die kommer wat voorheen geopper is oor die uitreiking van bedrieglike dokumente, het gehelp om die bestaan van hierdie netwerke bloot te lê. Die sindikate het probeer om die Departement van Binnelandse Sake se prosesse te omseil om permitte, ID’s en ander immigrasieverwante dokumentasie onwettig te bekom.
Die voorsitter van die komitee, Mosa Chabane, sê hierdie kwessies hou ’n beduidende gevaar vir nasionale veiligheid en territoriale integriteit in. Hy sê samewerking tussen wetstoepassing en die departement se Teenkorrupsie-eenheid het gelei tot arrestasies, dissiplinêre stappe en ontslag.
LUISTER HIER:








Comments