top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Voëlgriep is steeds ‘n bekommernis vir pluimvee-plase

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 22, 2025
1 min read

Voëlgriep bly steeds die grootse bekommernis vir pluimvee-plase. Baie plase het volgens Maroela Media nog nie weer hul kapisiteit van vóór die voëlgrieppandemie bereik nie. Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging sê hoewel hulle optimisties is oor die jaar wat voorlê, worstel die bedryf steeds met uitdagings en onsekerhede. Pogings om wydverspreide inentings teen voëlgriep in te stel, en ʼn toekomstige ramp te voorkom, het tot stilstand gekom. Tot op datum kon geen plaas nog aan die streng protokolle vir biosekerheid, wat vir die goedkeuring van inentings vereis word, voldoen nie. Die vereniging sê dit skep ‘n dilemma, aangesien die sektor daarsonder vir nog ‘n voelgriep-uitbreking kwesbaar is.

 
 
 

Comments


bottom of page