Vrae duik op nadat niemand vervolg gaan word ná Pelonomi-dood van tienermeisie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 7, 2025
- 1 min read
Nadat die 16-jarige Riané Coetzee in April verlede jaar glo weens mediese nalatigheid in die Pelonomi-hospitaal dood is, is daar nou vrae oor die besluit dat niemand vervolg gaan word nie.
Volksblad berig ‘n Vrystaatse polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Thabo Covane, sê ná ‘n geregtelike doodsondersoek is daar bevind dat niemand vervolg kan word nie en die saak is gesluit.
‘n Forensiese staatspatoloog verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, Naas Ferreira, sê egter die ondersoekbeampte het hom ingelig die dossier is nog nie voltooi nie.
Ferreira se destydse verslag dui Coetzee is weens verkeerde behandeling dood. 'n Taakspan is later aangestel om die beweerde toesmeerdery van mediese nalatigheid in die Pelonomi-hospitaal te ondersoek.
Die woordvoerder van die gesondheidsdepartement, Mondli Mvambi, sê hy weet nie of die LUR die ondersoekverslag ontvang het nie.






Comments