top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrae heers oor ‘n vermeende jong verkragter wat nog nie in die hof verskyn het nie

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 11
1 min read

Nadat ’n tienerseun glo ’n jonger leerling in ’n klaskamer verkrag het terwyl die onderwyser teenwoordig was, het die verdagte nog nie in die hof verskyn nie.


Netwerk24 berig die polisie se sersant Wesley Twigg het Dinsdag gesê die 17-jarige seun sou daardie selfde dag in die hof verskyn vir die beweerde verkragting van 'n 14-jarige klasmaat by 'n laerskool in Atlantis in die Wes-Kaap.


Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Wes-Kaap, Eric Ntabazalila, het Woensdag gesê die saak is nie op die hofrol geplaas nie en dat die tiener dus nog nie in die hof verskyn het nie.


Verdere navrae is aan die polisie gerig oor die rede vir die oponthoud en of die tienerseun nog in aanhouding is. Navrae oor of hy nog aangekla word, is ook nie beantwoord nie.


In hierdie stadium is geen klag teen die onderwyser by die Wes-Kaapse onderwysdepartement of die polisie ingedien nie.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page