top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘Vrae is nog onbeantwoord oor Zuma se besoek aan Indië’

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Aug 6
  • 1 min read

Die DA sê talle vrae is nog onbeantwoord oor oudpresident Jacob Zuma se onlangse besoek aan Indië.


Die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, het die media ingelig oor die rol van die Hoë Kommissariaat, maar die DA sê die inligting lei tot verdere vrae.


SABC-nuus berig die party se woordvoerder oor internasionale betrekkinge, Ryan Smith, sê daar is steeds nie duidelikheid oor Zuma se besoek nie. Dit sluit in wie van die Presidensie, die departement van internasionale betrekkinge en die Hoë Kommissariaat opdragte gegee of gekry het om Zuma te ontvang en wat die omvang van die opdragte was.


Volgens Smith het die Hoë Kommissaris gesê hy voer bloot opdragte uit. Smith sê ook die departement het nog nie gereageer op die DA se parlementêre vrae nie oor die kwessie nie.


Jacob Zuma tydens sy onlangse besoek aan Indië. FOTO: Facebook
Jacob Zuma tydens sy onlangse besoek aan Indië. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page