top of page

Vrae oor die lugmagvliegtuig na Mauritius is beantwoord

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jan 5
  • 1 min read

Die vrae oor waarom ’n lugmagvliegtuig twee weke gelede die tog na Mauritius aangepak het, is opgeklaar. Netwerk24 berig president Cyril Ramaphosa het op die eiland gaan uitspan oor die Kerstyd, en die lugmagvliegtuig het sy ondersteuningspan vervoer. In die proses het die bemanning nodige vliegure opgebou én ’n gratis vakansie op die eiland deurgebring.


Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, het vandeesweek gesê Ramaphosa en sy geselskap het kommersieel gevlieg en hy het uit sy eie sak vir sy vlugte betaal.


Ramaphosa word ingevolge die mandaat van die polisie se BBP-beskermingseenheid te alle tye bewaak, waarvoor die staat verantwoordelik is. Die lugmag dra net die bemanning se reis- en verblyf-uitgawes, waarby die vliegtuig, landingstariewe en brandstof ingesluit is. Die lugmag sal die uitgawes van die presidensie se begroting verhaal.


'n Vliegtuig soortgelyk aan die lugmagvliegtuig wat na Mauritius gevlieg het. FOTO: News24
'n Vliegtuig soortgelyk aan die lugmagvliegtuig wat na Mauritius gevlieg het. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page