top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vragmotor slaan op oorstroomde pad om

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 8, 2025
1 min read

‘n Vragmotor met mielies het op die R59 by Viljoenskroon by die grondboontjie fabriek, waar water oor die pad stroom, omgeslaan. Volglens die Parys Gazette kon die bestuurder daarin slaag om veilig uit die voertuig te kom. Verskeie paaie in die Vrystaat is steeds onder water en mense word weer ernstig gewaarsku om bedag te wees. Die Gazette voeg by dat bestuurders veral ook op laagwaterbrue wat oorspoel mag wees moet let en dat alternatiewe roetes waar moontlik gebruik moet word. Hulle word ook herinner dat dit moeilik is om die sterkte en diepte van strome water wat oor paaie vloei te bepaal. Dit saam met die hoeveelheid slaggate wat nie sigbaar is in die reënweer nie, word bestuurders aangeraai om hul spoed verminder, ‘n veilige volgafstand te hou en om bedag te wees op pad-waarskuwings.

 
 
 

Comments


bottom of page