Vredesoldate word in Bloemfontein vereer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 20
- 1 min read
’n Herdenkingsgeleentheid vir gevalle vredesoldate word in Bloemfontein aangebied.
Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANDF) sal die seremonie, as deel van die Verenigde Nasies (VN) se Internasionale Dag van Vredesoldate, volgende week by die De Brug Mobiliseringsentrum plaasvind.
Die weermag sal hulde bring aan Suid-Afrikaanse soldate wat tydens VN-vredesendings in konflikgebiede gesterf het.
Volgens die SANDF bied die herdenking ook aan gewone Suid-Afrikaners die geleentheid om die opofferings van vredesoldate te onthou en hul diens te erken.
Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, sal na verwagting die geleentheid bywoon.








Comments