Vrees hou mense stil oor korrupsie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 22
- 1 min read
Sowat 61% van Suid-Afrikaanse huishoudings sê hulle is persoonlik deur korrupsie geraak.
eNCA berig die jongste verslag van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing toon dat baie mense steeds korrupsie as een van die maniere beskou om sukses te behaal.
Navorser dr. Steven Gordon sê die algemene opvatting dat Suid-Afrikaners nie korrupsie verdra nie, stem nie altyd met die werklikheid ooreen nie.
Volgens hom is baie mense ook huiwerig om korrupsie by die owerhede aan te meld.
Hy sê vrees vir vergelding en 'n gebrek aan vertroue in wetstoepassingsagentskappe dra by tot 'n kultuur van stilte.
Gordon meen baie mense glo hulle sal negatiewe gevolge ervaar indien hulle korrupsie in hul gemeenskappe aan die kaak stel.








Comments