Vrese van 'n vernietigende tsunami het effens bedaar
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 31, 2025
- 1 min read
Vrese van 'n vernietigende tsunami oor die Stille Oseaan nadat die sesde grootste aardbewing ooit 'n Russiese skiereiland getref het, het effens bedaar.
Gemeenskappe langs Suid-Amerika se weskus het egter steeds ontruim en strande toegemaak.
Associated Press berig die eerste waarskuwings ná die aardbewing, met 'n 8.8 meting op die Richterskaal, het mense in Japan laat vlug na hul dakke toe, en het toeriste uit strandfront-hotelle in Hawaii geforseer.
Die Amerikaanse sekretaris van binnelandse sekuriteit, Kristi Noem, sê die ergste is egter nou verby, maar mense in Kalifornië is gewaarsku om steeds die strande te vermy.
Die aardbewing was die ergste sedert die 9.1 sterkte bewing in Japan in 2011, wat 'n tsunami en ineenstortings by 'n kernkragaanleg veroorsaak het. Geen abnormaliteite is dié keer by die kernkragaanleg gerapporteer nie.






Comments