top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vroeë data dui op laer brandstofpryse in Augustus

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Jul 3
1 min read

Vroeë data van die Sentrale Energiefonds dui daarop dat motoriste nog ‘n brandstofprysverlaging in Augustus kan sien.


Huidige projeksies toon dat petrolpryse met ongeveer R2,50 per liter kan daal, terwyl diesel met soveel as R3,51 per liter kan daal.


Alhoewel dit te vroeg is om die finale aanpassings te bevestig, dui die oorverhalings op laer brandstofpryse volgende maand.


Die finale veranderinge sal afhang van brandstofprysverhalings vir die res van Julie en enige aanpassings in die balansheffing wat aan die einde van die maand aangekondig word.


Ter illustrasie. FOTO: Business Tech
Ter illustrasie. FOTO: Business Tech

 
 
 

Comments


bottom of page