top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrou wat glo Kelly Smith se huis aan brand steek kry borgtog

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 13, 2025
  • 1 min read

Die vrou wat daarvan beskuldig word dat sy Kelly Smith se huis in Middelpos aan die brand gesteek het, Monique Kekana, is borgtog van R500 toegestaan. Volgens Maroela Media is die huis aan die brand gesteek enkele ure na Smith, die ma van die vermiste Joshlin, asook Steveno van Rhyn en Jacquin Appollis skuldig aan die ontvoering en mensehandel van Joshlin bevind is. Kekana het haarself na die brand aan die polisie oorgegee. Intussen berig eNCA Kekana sê sy het Kelly tydens haar weeklange verblyf in die Pollsmoor-gevangenis gesien. Volgens haar loop Kelly asof sy die plek besit en groet glo almal. Kekana voeg by sy is woedend dat Kelly haar kind verkoop het en nou soos ‘n model loop asof niks gebeur het nie.

 
 
 

Comments


bottom of page