top of page

Vroue in die Vrystaatse polisie word vir jare se diens vereer

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 29
  • 1 min read

As deel van die Vrouemaand-vieringe, wat die opofferings, toewyding en leierskap van Vrystaatse polisie-vroue erken, is ‘n spesiale medaljeparade gehou. Tydens die seremonie het die Vrystaatse hoof van finansies, Brigadier BH Teleki, 'n 30-jaar medalje ontvang. Daar is aan nog 67 lede 20-jaar medaljes en 46 lede 10-jaar medaljes toegeken ter erkenning van hul lang en lojale diens aan die organisasie en die mense van Suid-Afrika. Volgens ‘n aanlyn plasing sê die adjunkminister van polisie, Polly Boshielo, die medaljes is ‘n simbool van hoop dat die polisie steeds lojale en toegewyde lede binne die diens het.    

 
 
 

Comments


bottom of page