top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vroue is in hegtenis ná ’n vals ontvoering

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 4, 2025
1 min read

Twee vroue is in Moroka, Soweto, in hegtenis geneem ná hul beweerde leuen oor ’n fopontvoering. Volgens Nuusflits sê lt. kol. Amanda van Wyk dat een van die vroue, ’n 23-jarige verdagte saam met ’n ander vroulike verdagte glo voorgegee het dat ’n ontvoering plaasgevind het en ’n losprys geëis is. Die beweerde voorval het op 23 Januarie in Randburg gebeur, waarna die polisie ’n ondersoek geloods het. Dit het na ’n huis in Moroka gelei, waar die beweerde ontvoerde vrou en haar beweerde ontvoerder gevind is. Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat die ontvoering ’n leuen was.

 
 
 

Comments


bottom of page