Vroue met gestremdhede staar hoër vlakke van geweld in die gesig

Nov 19, 2024
1 min read
Geslagsgebaseerde geweld kom meer onder vroue met gestremdehede voor. Dit volgens die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga. Sy het Maandag die eerste nasionale studie oor geslagsgebaseerde geweld van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing verwelkom. Die verslag dui aan dat byna 60-persent van vroue met gestremdhede emosionele, fisieke of seksuele geweld ondervind. Volgens die Minister sal die departement die studie se bevindinge in die nasionale strategiese plan oor geslagsgebaseerde geweld insluit.








Comments