top of page

Vroue verskyn in die hof vir die mishandeling van ‘n bejaarde

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 11
  • 1 min read

Vier vroue sal na verwagting Vrydag in die Welkom-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstige liggaamlike leed te veroorskaak en ontvoering. NovaNews berig dit volg na die verbale, geestelike en fisiese mishandeling waaraan 'n 81-jarige bejaarde vrou onderwerp is en wat op videomateriaal en foto's gesien kan word. Met 'n gewig van slegs 40 kg kon sy nie haarself verdedig teen die personeel langs haar bed nie – soms tot vier vroue op 'n slag. Die vier vroue tussen die ouderdom van 35 en 73 jaar is Woensdag in hegtenis geneem.

 
 
 

Comments


bottom of page