Vroue verskyn nou ook op SA muntstukke
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 day ago
- 1 min read
Vir die eerste keer in Suid-Afrikaanse geskiedenis, is twee muntstukke vrygestel met vroue op.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het twee herdenkingsmunte bekendgestel wat vroue se bydrae tot die land se vryheidstryd vereer.
Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank se webtuiste herdenk die eerste R2-muntstuk 125 jaar sedert Charlotte Maxeke die eerste swart Suid-Afrikaanse vrou geword het om met ’n universiteitsgraad te gradueer. Die tweede merk 70 jaar sedert die 1956-vroueoptog, toe meer as 20 000 vroue teen apartheidspaswette betoog het.








Comments