top of page

Vroue wat ‘n bejaarde mishandel sal in aanhouding by

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 12, 2025
  • 1 min read

Die 64-jarige bestuur van die Silver Village Assisted Living Facility in Welkom, Lynette Brummer, en die drie ander vroue wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n brose 81-jarige vrou wreed aangerand het, sal tot hul borgtogverhoor in aanhouding bly. Vista berig die staat het aangeduid dat hulle borgtog tydens die aansoek op 15 Julie sal teenstaan. Alhoewel die verdediging aangevoer dat twee van die beskuldigdes self onder die Wet op Ou Persone val, sal hulle steeds in aanhouding bly. Rosestad-nuus het voeër berig die verbale, geestelike en fisiese mishandeling waaraan die bejaarde vrou onderwerp was is op videomateriaal en foto's vasgevang.

 
 
 

Comments


bottom of page