Vroue word by die UV-gradeplegtigheid vereer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 17
- 1 min read
Vier eredoktorsgrade en ‘n raadsmedalje is aan vroue by hierdie jaar se April-gradeplegtigheidseremonies van die Universiteit van die Vrystaat (UV) oorhandig.
Nova News berig die eredoktorsgrade word toegeken aan die skywer Ingrid Winterbach; die skrywer en uitgewer Zukiswa Wanner; Relebohile Moletsane, wat ‘n eredoktorsgraad in onderwys ontvang; en Sheila Sisulu, ‘n gerespekteerde diplomaat en advokaat.
Die internasionaal bekronde tjellis en hoof van die Odeion String Quartet, Anmari van der Westhuizen, sal die UV se raadsmedalje vir haar bydrae tot musiek en musiekonderrig ontvang.
Die vise-kansellier en rektor van die UV, Hester Klopper, sê dié toekennings vereer individue se werk in die transformerende mag van kennis, kreatiwiteit, en leierskap in diens van die gemeenskap.








Comments