top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrouemonument-name is nou bekend

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 12, 2025
1 min read

Danksy navorsing is die name van die twee vroue en een kind, wat by die naald van die die Vrouemonument vereer word, nou bekend.

Dit is te danke aan die harde werk van Vicky Heunis van die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke.

Volgens Bloemnuus het leerlinge aan die Dankbaar CVO-skool in Bloemfontein onlangs die eerste keer kranse hier gelê sedert die name bekend is.

Vier van die skool se meisies, uitgevat in tradisionele volkspeledrag, het kranse aan die voet van die naald van die monument by die vroue-beeldegroep gelê.

Die vrou wat sittend uitgebeeld word, is Sophia Reinecke, en haar ma is Cornelia van der Walt. Hulle is weens die verskroeide aarde-beleid van die Britse militêre owerhede van hul plaas weggevoer. Sophia se seuntjie, Carolus, lê op sy ma se skoot nadat hy aan diarree dood is.

 
 
 

Comments


bottom of page