top of page

Vroulike polisielede in die Vrystaat is vereer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 31
  • 1 min read

Die polisie in die Vrystaat het vroulike lede vereer tydens ‘n spesiale medaljeparade in Tumahole in die Fezile Dabi-distrik.

Die provinsiale hoof van finansies is vir 30 jaar diens vereer, terwyl 67 lede 20-jaar medaljes en 46 lede 10-jaar medaljes ontvang het.

Die adjunkminister van polisie, Polly Boshielo, sê die toekennings is ‘n simbool van opoffering en lojaliteit. Boshielo het die ontvangers gelukgewens.

Die provinsiale polisiekommissaris sê die parade was ‘n bewys van die lede se veerkragtigheid en toewyding.

 
 
 

Comments


bottom of page