Vrystaat-boere stort hul harte uit oor veediefstal
- Nadia Pieters

- Oct 24
- 1 min read
Vrystaat-boere het hul harte voor die parlement se gekose komitee oor veiligheid en justisie uitgestort oor die toename in veediefstal en misdaad aan die Lesotho-grens.
Netwerk24 berig verteenwoordigers van Agri-SA, Vrystaat Landbou en die polisie was onder andere teenwoordig om terugvoer te lewer.
Een van die boere het begin huil toe hy vertel hoe sy vee gesteel is.
Hy waarsku dat Suid-Afrika uiters kwesbaar vir bedreigings bly solank grensbeheer met Lesotho nie versterk nie.
Inwoners het versoek dat die nasionale strategie vir landelike veiligheid volledig in werking gestel moet word.
Die komiteelede het ook ‘n toesigbesoek aan die Maseru-brug-grenspos gebring.
Die grensbestuurowerheid het erken dat sekere grensgebiede steeds weens ontoereikende personeel en toerusting kwesbaar bly.






Comments