Vrystaat kolleges is in die hof oor ‘n naam
- Armando Pieters

- Aug 15
- 1 min read
‘n Aansoek van ‘n Vrystaatse lanboukollege wat ‘n ander kollege met ‘n soortgelyke naam daarvan beskuldig dat hulle studente afrokkel, is vir eers in die hooggeregshof in Bloemfontein van die hofrol verwyder. Netwerk24 berig dit is om nog studente by die hofaansoek te voeg. Regter Corné van Zyl het gelas dat die toewys van die vermorste koste in die aansoek moet oorstaan tot wanneer die aansoek aangehoor word. Die Vrystaat Landboukollege en i3A vra dat die Landboukollege van die Vrystaat verbied word om voorts sy student te nader, te werf of aan te moedig om met hulle sake te doen. Hulle wil ook hê dat die kollege verbied word om enigsins voor te gee dat hulle die diense van Vrystaat Landboukollege aanbied.





Comments