Vrystaat Landbou en Agri Noordwes baat by ‘n reuse meevaller

Sep 3, 2024
1 min read
Vrystaat Landbou en Agri Noordwes het ‘n skenking van altesaam R450 000 ontvang om verligting, na vernietigende brande in die provinsies, te bied. Maroela Media berig verder dat Senwes ook die jaar, vir die eerste keer ‘n Plaaspad-held aanwys, wat vanjaar na die 18 jarige boerseun Frikkie Tolmay gaan. Aan hom het die maatskappy R50 000 geskenk, om te help met sy mediese-onkostes. Dit nadat hy 10 mense waaronder daar 7 kinders was, uit die vlamme tydens ‘n brand in Fochville, gered het. Volgens Senwes is boere elke dag helde in hulle gemeenskappe en gee hulle graag erkenning en bystand aan hierdie Plaaspad-helde.








Comments