Vrystaat Landbou en AgriSA sal voortaan ‘saampraat’
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 7, 2025
- 1 min read
Ná ontevredenheid vroeër vanjaar onder lede van Vrystaat Landbou (VL) oor die manier waarop AgriSA sekere sake hanteer het, het die twee organisasies ná ’n debat op VL se jaarkongres in Bloemfontein gesê dat hulle voortaan “saampraat”. Landbou berig die verskilpunte het ontstaan toe VL vroeër vanjaar ’n interne meningspeiling uitgestuur het om lede se gevoel oor sy affiliasie met AgriSA te toets. Die uitslag het aangedui dat die meeste van VL se lede ontevrede is. Kritiek is uitgespreek dat AgriSA nie sterk genoeg standpunt inneem teen onder meer die Onteieningswet nie. Volgens die VL se herverkiesde president, Francois Wilken, is beide organisasies “fundamenteel daar vir die landbou”. Hy het beklemtoon dat daar nie sprake van ’n skeuring is nie.






Comments