top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaat Landbou verwerp Eskom tariefverhogings

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 25, 2024
1 min read

Vrystaat Landbou (VL) het Eskom se voorgestelde tariefverhogings, by die openbare sitting van die nasionale energiereguleerder (Nersa) in Bloemfontein, verwerp. Kommersiële bestuurder van VL, dr. Jack Armour, het benadruk dat die landbousektor, wat reeds met stygende koste en ekonomiese druk worstel, nie verdere kragprysstygings kan volhou nie. Maroela Media berig volgens die landbouorganisasie kan Vrystaatse boere nie die stygende insetkoste absorbeer wat deur Eskom-tariefverhogings veroorsaak word nie. Hulle is van mening dat dié voorgestelde verhogings die ekonomiese druk op intensiewe landboubedrywighede, soos besproeiing asook suiwel- en pluimveeboerdery, net gaan vererger. VL voeg by dat die huidige Eskom-tariewe reeds onbekostigbaar hoog is.

 
 
 

Comments


bottom of page