top of page

Vrystaat-leerlinge wat skool opgee laat die matriek-slaagsyfers krimp

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 15
  • 1 min read

Emeritus-professor Michael le Cordeur van die Universiteit Stellenbosch glo die Vrystaat het die hoogste uitvalsyfer tussen Graad 10 en matriek .

berig Le Cordeur beweer die provinsie moedig leerlinge aan om nie die eksamen voltyds af te lê nie.

Die Vrystaat word as die land se top-presterende provinsie beskou met ’n indrukwekkende 91% matriek-slaagsyfer.

Sommiges meen egter die syfers verdoesel die werklike toestand van onderwys in die provinsie.

Dr. Jaco Deacon van FEDSAS meen Vrystaatse leerlinge kies nie moeilike vakke nie. Suid-Afrika se “werklike” matriek-slaagsyfer is, volgens die politieke party BOSA, net 50.25%.

Dit is gebaseer op die hoeveelheid leerlinge wat nooit matriek bereik nie.

Volgens BOSA het 1,22 miljoen skoliere in 2013 Graad 1 begin, maar minder as 614 570 leerders het gematrikuleer.

 
 
 

Comments


bottom of page