top of page

Vrystaat lewer tweede grootste bydrae tot voedselsekerheid

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 9, 2025
  • 1 min read

Volgens ’n onlangse verslag deur Statistieke Suid-Afrika het die Vrystaat se landbousektor die tweede grootste bydrae gelewer tot voedselsekerheid in die land.

Die Agricultural Industry 2023 verslag toon dat die provinsie in 2023 R68,2 miljard tot die landbou-ekonomie bygedra het. Dit is die tweede hoogste ná die Wes-Kaap.

Die sektor dra ook 10,5% by tot nasionale landbou-werkskepping.

Die DA se Roy Jankielsohn sê ondanks talle uitdagings kry die landbousektor dit reg om steeds ’n groot bydrae te lewer tot die land se ekonomiese groei.

LUISTER: 

 
 
 

Comments


bottom of page