top of page

Vrystaat-man het self sy moordklag op sy swanger vrou in gedien

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 23, 2025
  • 1 min read

Die polisie in Phuthaditjhaba het ’n 32-jarige man van die Vrystaat in Qwaqwa in hegtenis geneem en aangekla vir die beweerde moord op sy vrou wat ses maande swanger was. Volgens ’n polisieverklaring het die voorval op 21 Januarie 2025 plaasgevind. Die polisie het ’n klag van moord ontvang, wat deur die verdagte self ingedien is. Hy was glo sterk onder die invloed van alkohol. Die liggaam van die 29-jarige vrou is in hul slaapkamer gevind met kneusplekke aan haar nek en ’n bloeiende neus. Nooddienspersoneel het bevestig dat sy ses maande swanger was. Die motief agter die moord is nog onbekend.

 
 
 

Comments


bottom of page