top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaat-onderwysdepartement betaal glo nie Gems-lidbydraes nie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 17, 2025
1 min read

Die Vrystaatse onderwysdepartement het glo bydraes vir die Government Employees Medical Scheme (GEMS) van personeel verhaal maar het dit nooit aan Gems oorbetaal nie. Volgens die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU), Paul Sauer, is hierdie versuim in ‘n skrywe aan ‘n "kontantvloeiprobleem" in die provinsie toegeskryf. Luidens ‘n SAOU-mediaverklaring het GEMS aan die departement geleentheid gebied om teen 10 Maart 2025 aan die vereistes te voldoen, maar die departement het nie die sperdatum gehaal nie. Sauer sê dit is onaanvaarbaar dat onderwysers hul lidmaatskap sal verloor indien die departement nie voor einde April vanjaar die agterstallige bedrag betaal nie. Hy voeg by indien hierdie nienakoming nie onmiddellik reggestel word nie, sal arbeidsaksie teen die Vrystaatse onderwysdepartement oorweeg word.

 
 
 

Comments


bottom of page