top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaat premier plan aan haar provinsiale rede

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 13, 2025
1 min read

Die premier van die Vrystaat, MaQueen Letsoha-Mathae, lewer op 21 Februarie 2025 haar eerste provinsiale rede van die jaar waar sy die regering se beleidsrigtings en prioriteite vir die jaar sal uiteensit. Central News berig volgens haar woordvoerder, Matshediso Setai, sal belangrike kwessies soos munisipale bestuur, ekonomiese ontwikkeling, klimaatsverandering en energie-sekuriteit bespreek word. Die provinsiale regering se planne sluit in ʼn finansiële herstelplan vir Matjhabeng en verbeterde dienslewering; die 'Een Miljoen Bome-program'; Virginia se sonkragprojek asook beter infrastruktuur en dienste vir gesondheid en onderwys. Belanghebbendes hoop glo op duidelike planne vir groei, werkskepping en beter bestuur.

 
 
 

Comments


bottom of page