top of page

Vrystaat-reën bring verligting én uitdagings

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 27, 2025
  • 1 min read

Groot dele van die Noord- en Oos-Vrystaat het in November deurdringende reën ontvang wat verligting en uitdagings bring.


Bloemnuus berig volgens Vrystaat Landbou se verteenwoordiger vir die Bethlehem-distrik, Hendrik Knobel, het dit vanjaar beduidend meer in Oktober en November gereën as verlede jaar.


Dit ná ‘n bo-gemiddelde nat Januarie tot April, en weer ‘n bogemiddelde nat Junie tot Julie.


Hy sê die oorvloedige reën laat die plantseisoen stadiger vorder, al het vroeë planters reeds sojas, mielies en sonneblomme in die grond.


Verder staar veeboere ook ‘n uitdaging in die gesig aangesien beeste en skape vrotpotjie as gevolg van die nat grond kry.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page