top of page

Vrystaat se misdaadstatistieke is bekend gemaak

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 4
  • 1 min read

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer, Jabu Mbalula, saam met die Provinsiale Kommissaris van die Vrystaatse Polisie, Luitenant-Generaal Baile Motswenyane, het amptelik die Vrystaat se misdaadstatistieke vir die derde kwartaal van die 2024/2025 finansiële jaar Dinsdag vrygestel. Volgens die verslag het kontakmisdade in die Vrystaat met 1% toegeneem, terwyl gewapende roof aansienlik verminder het tot die laagste vlak sedert 2020. Seksuele misdrywe se hoë syfers het met minder as ’n halwe persent toegeneem, ten spyte daarvan dat pogings tot seksuele misdrywe as ’n subkategorie merkwaardig gedaal het. Luidens ’n mediaverklaring is die nuutste statistieke ’n omvattende oorsig van misdaadneigings spesifiek in die Vrystaat en lig sleutelareas van bekommernis sowel as verbeterings in misdaadvoorkoming uit. VERSLAG: Lees hier

 
 
 

Comments


bottom of page