top of page

Vrystaate munisipaliteite stort in duie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 26
  • 1 min read

Munisipaliteite in die Vrystaat stort in duie met riviere vol riool, vullis wat in strate ophoop, en krane wag leeg loop.


Dit luidens ‘n mediaverklaring van die DA se CoGTA-woordvoerder, Igor Scheurkogel.


Tydens die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) se Provinsiale Week van 2025 het die Ouditeur-generaal bevestig dat nie een munisipaliteit in dié provinsie 'n skoon oudit het nie.


Die DA het ‘n mosie ingedien om in die NRVP te debatteer om die Vrystaatse Provinsiale Regering aanspreeklik te hou.


Volgens die DA het die provinsie versuim om gevolgbestuur af te dwing, sleutelposte te vul en munisipaliteite te ondersteun.


Verder het hulle ook versuim om die wydverspreide dienslewering en finansiële mislukkings, wat elke gemeenskap in die Vrystaat raak, aan te spreek.


Igor Scheurkogel. FOTO: Facebook
Igor Scheurkogel. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page