top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaatse bedrieërs moet tronk toe oor eiendomsbedrog

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Aug 7
1 min read

Twee Vrystaters is saam tot 38 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hulle by eiendomsbedrog ter waarde van sowat R27 miljoen betrokke was.


Volgens Parys Gazette is die direkteur van Blue Key Properties, Peters Viljoen, deur die Bethlehemse Streekhof tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.


Dit terwyl eiendomsagent Samuel Mofokeng 18 jaar tronkstraf gekry het. Albei is ook skuldig bevind aan oortredings van die Wet op Eiendomspraktisyns, maar dié vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.


Die hof het gehoor dat voornemende kopers tussen 2014 en 2025 geld vir eiendomstransaksies in Viljoen se bankrekening betaal het, maar dat die verkope nooit afgehandel is nie.


Kopers én verkopers is benadeel, terwyl die geld vir persoonlike gewin gebruik is. Blue Key Properties is ook met 'n opgeskorte boete van R3 miljoen gevonnis.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page