top of page

Vrystaatse boere is omgekrap oor die toestand van sommige noodsaaklike paaie

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • May 6
  • 1 min read

Boere, inwoners en Vrystaat Landbou is omgekrap en gefrustreerd oor die toestand van noodsaaklike paaie in die Vrystaat. Van die paaie is in ‘n gevaarlike toestand en bouwerk sloer glo al jare lank. Netwerk24 berig alhoewel ‘n kontrakteur verlede jaar November aangestel is, is daar glo nog geen herstelwerk aan die Clocolaan-Marquard-pad gedoen nie. Volgens Masiko Maphutha van Maphutha Business Enterprises in Bloemfontein, aan wie die tender vir die herstel van die pad toegeken is, is hy op die terrrein en het reeds met werk begin. Hy voeg by hulle moes vir waarborge en versekering asook vir plaaslike arbeidsmag wag wat die departement moet voorsien.

 
 
 

Comments


bottom of page