top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaatse boere kan help om veediefstal te bekamp

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Jul 19
1 min read

Boere in die Vrystaat word gevra om deel te neem aan 'n navorsingstudie wat daarop gemik is om veediefstal beter te voorkom.


Landbouweekblad berig die studie word deur Willie Clack, senior lektor aan Unisa, gelei.


Dit fokus op hoe tegnologie, inligting en samewerking tussen boere en die Suid-Afrikaanse Polisiediens gebruik kan word om landelike veiligheid te verbeter.


Volgens Clack is die Vrystaat as navorsingsgebied gekies omdat die provinsie se veediefstalprobleem grootliks met die nasionale tendens ooreenstem.


Die studie ondersoek onder meer die gebruik van kameras, hommeltuie, opsporingstoestelle en ander tegnologie om georganiseerde veediefstal te bekamp.


Deelname is vrywillig en alle inligting sal vertroulik hanteer word.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page