Vrystaatse boere ly groot skade weens veldbrande
- Armando Pieters

- Jul 17
- 1 min read
Die voortslepende probleem van veldbrande op plase langs die Lesotho-grens wek groot kommer vir Vrytaatse boere. Vrystaat Kroon berig daar is binne twee dae sewe veldbrande in radius van 20 km in die Boesmanskop-gebied, naby Wepener en Zastron, gestig. Boere het groot skade gely en kosbare weiding, vee en infrastruktuur het in die slag gebly. Vrystaat Landbou (VL) sê in ‘n verklaring die kommer behels nie net die ekonomiese verliese nie maar ook veiligheid en oorlewing en dat grensboere met groot verliese, trauma en gevaar te kampe het. Met die naderende veldbrandseisoen raai die kommersiële bestuurder van die VL, Jack Armour, boere aan om op hoë gereedheidsvlak te wees en ook om aktief by hul plaaslike brandbeskermingsvereniging in te skakel.





Comments