top of page

Vrystaatse boere moet self opdok vir die herstel van paaie

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 2
  • 1 min read

Nadat ʼn projekfonds vir die herstel en onderhoud van paaie uitgeput geraak het en gestaak moes word, moet Vrystaatse boere nou uit eie sak die paaie onderhou.


Maroela Media berig die president van Vrystaat Landbou, Francois Wilken, sê ten spyte van herhaalde pleidooie word geen nuwe laervlak-werknemers soos pik-en-graaf-werkers of padskraper-operateurs aangestel nie. Dit beteken boere moet self afgetrede padskraper-operateurs betaal.


Volgens die DA se woordvoerder, Jafta Mokoena, is die projekfonds waarna Wilken verwys deur die LUR vir paaie en vervoer, Jabu Mbalula, opgeskort. Hy sê tot onlangs toe het die departement aangevoer die projek, in samewerking met die Sentrale Universiteit van Tegnologie, werp vrugte af.


Die departement het in ʼn verklaring bevestig daar is nie genoeg geld om aandag te gee aan alle dringende padonderhoudsbehoeftes nie.


Wilken waarsku egter dat boere nie dié rekening vir die departement sal kan vereffen nie. Hy sê boere se finansies is onder geweldige druk, en dit is nie volhoubaar nie.


FOTO: Maroela Media
FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page