Vrystaatse boerelaaities laat Suid-Afrika glimlag
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 15 minutes ago
- 1 min read
Drie Vrystaatse boerelaaities van naby Virginia het Suid-Afrika laat glimlag nadat hulle alles in die stryd gewerp het om 'n maat sonder skoene oor dorings te help.
Volgens Maroela Media het die drie seuntjies, almal jonger as ses jaar, verskeie planne beraam om hul kamerade veilig by die huis te kry nadat hy sy skoene langs die pad vergeet het.
Hul oupa het die hele storie op video vasgevang, en dit het vinnig op sosiale media versprei.
Die beeldmateriaal het selfs mense van oorsee laat bel, terwyl 'n landboumaatskappy reeds aangebied het om die drie kamerade te bederf.
Een ding is seker – waar daar Vrystaatse boerelaaities is, is daar altyd 'n plan.








Comments