top of page

Vrystaatse departemente kom nie die veiligheidswet na nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 18, 2025
  • 1 min read

Daar is bekommernis oor die swak nakoming van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid onder regeringsdepartemente in die Vrystaat.


Volgens die Departement van Indiensneming en Arbeid hou die lae vlakke van nakoming met die toestand en instandhouding van geboue verband.


Hierdie versuim om aan die wet te voldoen, hou gevaar vir werknemers en die publiek in.


Die departement se woordvoerder, Teboho Thejane, sê hulle het 187 regeringsgeboue in die Vrystaat geïnspekteer.


Hy voeg by die regeringsdepartemente moet vinnige en besliste optredes neem, anders sal daar ingetree moet word.


Ter illustraie. FOTO: OSHEMAC
Ter illustraie. FOTO: OSHEMAC

Comments


bottom of page