Vrystaatse diewe gebruik vuur om kragkabels te steel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 21
- 1 min read
Kabeldiewe in Harrismith het ’n vuur langs 'n substasie gemaak, en die hitte van die vlamme het die krag laat afslaan. Hierna het hulle die kabels gesteel.
Netwerk24 berig inwoners van Harrismith het dus die afgelope tien dae net sporadies krag gehad.
Die voortslepende kragprobleme op dié Vrystaatse dorp lei tot enorme verliese met inwoners wat genoop word om medisyne en kos weg te gooi omdat dit nie koud gehou kan word nie.
DA-raadslid in die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit, Eleanor Quinta, sê die munisipaliteit het ’n kabel van 100 meter gekry en kon ’n groot gedeelte van die gesteelde kabels vervang.
Somerreën veroorsaak skade aan infrastruktuur, maar in die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit is dit veel erger aangesien die infrastruktuur oud is en oorlaai word.
Die munisipaliteit het nie hierop gereageer nie.






Comments