top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vrystaatse-diewe sal dertig jaar agter tralies sit

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 20, 2024
1 min read

Ses mans is elk tot dertig jaar tronkstraf vir diefstal en beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur, in die Bloemfontein-hooggeregshof, gevonnis. Dit kom na hulle koperkabels by die Dewetsdorp-afvalwatersuiweringsaanleg, wat tot onderbrekings van waterdienste en skade van oor die R200 000 gelei het, gesteel het. Verdere ondersoeke het ook aan die lig gebring dat die vyf mans onwettig in die land was. Die hof het elke oortreder ‘n vonnis van 15 jaar vir skade aan noodsaaklike infrastruktuur, nog 15 jaar vir diefstal, en ‘n bykomende vonnis van twee maande vir onwettige immigrasie, opgelê.

 
 
 

Comments


bottom of page