Vrystaatse dino-sentrum maak sy deure oop

Jun 22, 2025
1 min read
Die Kgodumodumo-dinosourussentrum by die Golden Gate Hoogland Nasionale Park naby Clarens in die Vrystaat open Sondag amptelik sy deure. Suid-Afrika het fossiele van die grootste dinosourusse ter wêreld. SABC-nuus berig verder die paleantoloog, Jonah Choiniere, sê die grootste een is in die Oos-Vrystaat gevind. Hy sê die dinosourus, Ledumahadi, het tweehonderd miljoen jaar gelede geleef. Die sentrum is ‘n inisiatief tussen SANParke en die departement van Toerisme. Die bestuurder van sentrum, Paddy Gordon, sê hulle gebruik die jongste tegnologie en wetenskaplike kennis om die besoekerservaring by die park te verbeter.








Comments