top of page

Vrystaatse dorpe se geldsake blyk in duie te stort

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 12
  • 1 min read

Dorpe in die Vrystaat is besig om finansieel in duie te stort.

Die jongste finansiële verslae wat in die provinsiale wetgewer ter tafel gelê is, wys die Vrystaat is in ’n skuldkrisis vasgevang, met munisipaliteite wat R36,5 miljard skuld, meestal aan Eskom en waterrade. Daarby skuld inwoners, ondernemings en regeringsdepartemente munisipaliteite self R43,5 miljard.

Netwerk24 berig DA-lid van die wetgewer, Werner Pretorius, veruidelik dat in plaas van om waterinfrastruktuur te herstel of kragnetwerke en ander infrastruktuur in stand te hou, onderbestee die munisipaliteite hul nasionale toelaes.

Die Mangaung-metro alleen sal na verwagting byna R589 miljoen, of 55%, onderbestee, wat inwoners van dringend benodigde verbeteringe ontneem.

Pretorius sê dit dui weer op die haglike toestand van die finansiële bestuur van munisipaliteite.

 
 
 

Comments


bottom of page